'n Woord deur Past Groenewald - Waarna strewe ons as gemeente?
Ons wil die klem plaas op dit wat werklik saak maak naamlik: Die uitbreiding van die koninkryk van God deur in liefde uit te reik, akkomoderende gedrag, voorsiening in die behoeftes van weduwees en wese, nood in die gemeenskap, gesonde kommunikasie en goeie interaksie tussen lidmate. In kort, 'n stylvolle kerk. Ons glo om ons doelwitte deur opleiding van hoë gehalte te rugsteun.
Ons wil 'n tuiste skep vir vermoeide, lasbelaaide siele, waar hulle op 'n normale, sinvolle en ontspanne wyse hulle talente en gawes kan uitleef nadat hulle die rykdom van 'n nuwe lewe in Christus ontdek het.
Ons uiteindelike doel is om te word soos die kerk van Handelinge waar mense eendragtig saambid, gereeld vas en outoritêr is oor die werke van Satan op verskillende wyses. Waar mense oortuiging van sonde ontvang en vol wysheid en die krag van die Heilige Gees 'n dinamiese, triomfanklike, entoesiastiese, onkeerbare en liefdevolle kerk vorm en lidmate werklik vir mekaar omgee en die Here self nuwe lidmate daagliks byvoeg.
Ons glo nie daarin om vir ander kerke kompetisie te wees nie en wil graag met alle christelike kerke, wat die Drie-enige God bely, Sy Seun Jesus se soendood aan die kruis erken, die Bybel as onvervalste Woord van God gebruik en gereed maak vir Sy spoedige wederkoms, saamwerk